InternationalSport

Karatekas vaar goed by gradering

Drie van Heidelberg Dojo se lede het Saterdag 27 Maart hul swart gordel gradering op nasionale vlak by SAJKA Hoof Dojo by Wanderers geslaag.

Al drie lede het intensief onder streng Covid-19 protokol die afgelope ses maande vir die gradering geoefen.

Adriaan Pieters het sy tweede dan gradering geslaag. Hy was 10 jaar lid van Heidelberg Dojo en het sy karate onder sensei Johan La Grange as wit gordel begin. Hy het Heidelberg Dojo verlaat om sy studies by Tukkies te begin.

Adriaan sal sy karate loopbaan voortsit onder die leiding van sensei Eugene Oosthuizen in Pretoria.

Adriaan was deur ‘n intensiewe en tawwe gradering en nadat hy sy kennis in basiesie tegnieke, kata en vyf gevegte aan SA se top instrukteurs gewys het, het hy sy gradering suksesvol geslaag.

Ruben Venter van Heidelberg en Dylan Spies van Nigel het hulle eerste dan gradering geslaag.

Heidelberg Dojo spog nou met 17 swart gorderls in sy geledere wat die jaar by die klub geregistreer het.

Een-en-twintig lede van die Heidelberg Dojo berei tans voor vir hulle onderskeie swart gordel graderings wat in Oktober plaasvind.

Sensei Bernard Raubenheimer is ook hard besig met voorbereiding vir sy sesde dan gradering wat in Japan sal plaasvind sodra Covid-19 regulasies en oop grense dit toelaat om te reis.

Heidelberg en Nigel Dojo het 12 nuwe lede bygekry.

Belangstellendes kan sensei Bernard kontak by 083 489 8231.

Adriaan Pieters wat op 27 Maart sy tweede dan verwerf het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button