InternationalNewsSport

Brakke nuwe kampioene

Jaarlike T20 wedstryd Dorp teen Brakke.

Op 24 Februarie het Hoër Volkskool se Dorp teen die Brakke ’n T20 wedstryd verloor.

Die huidige kampioene was Dorp wat in 2021 die titel verower het.

Die loot was deur die Brakke se kaptein Keane Duckitt gewen en die Brakke het besluit om eerste te kolf.

Maro Hartkopf van die Brakke word skoon geboul.

Die paaltjies het kort-kort geval en die lopies het gevloei. Brakke se totaal na die 20 beurte was 129/7.

Toe Dorp hul beurt begin was daar duidelike senuwees en hulle het gesukkel om onder die spreiligte te kolf.

Die eerste paaltjie het al in die eerste boulbeurt geval toe Lehann Janse van Rensburg skoon geboul was.

2022 Dorp vs Brakke kapteine Keane Duckitt links en Mardus Pike.

Daarna was daar kort-kort ‘n paaltjie wat geval het en Dorp het vining agter geraak wat die lopie tempo betref.

Dorp het probeer om die telling aan te stoot en sodoende vinnig paaltjies verloor. Almal was uit vir 101 lopies in die 18de boulbeurt.

Lehann Janse van Rensburg van Dorp span word skoon geboul.

Altesame 24 viere was gemoker in die wedstryd. Die nuwe kampioene vir die volgende jaar is Brakke.

Die speler van die wedstryd was George Munro wat met kolfwerk en boulwerk uitgestaan het.

Brakke is die kampioene vir 2022.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button