Haasbekkie-trane rol tydens eerste skooldag in Nigel
Krokodiltrane is tydens menige Graad 1-leerders se eerste skooldag op 13 Januarie gestort.

LAERSKOOL TINI VORSTER
Laerskool Tini Vorster se Graad 1-leerder Stacey Kroon het braaf probeer glimlag, maar kon die trane later nie meer keer nie, terwyl Zani de Beer op haar eerste skooldag sommer dadelik by haar tafel ingeskuif en met die dag se inkleurwerk begin het. Ander het onseker rondgestaan en met groot oë om hulle rondgekyk. Laerskool Tini Vorster spog vanjaar met 110 nuwe Graad 1-leerders wat tydens opening van die skole op 13 Januarie ingeskryf het. Vier daarvan is deel van tweelinge, soos boetie en sussie tweeling Lehandré en Leanca Bezuidenhout wat sê hulle is opgewonde oor hul eerste skooldag.
LAERSKOOL HANNES VISAGIE
Altesaam 90 Graad 1 -leerders vorm deel van 2016 se groep by Laerskool Hannes Visagie. Dean en Gabby Roos is ook die skool se enigste tweeling. Die skool het ook intussen ekstra Graad RRR-klasse aangeskaf en dié kleinspan was slaggereed vir hul eerste skooldag op 13 Januarie.









