NewsSchool sportSchoolsSport

Vissies laat rekords spat

Delaine Willemse ryg vier nuwe rekords in.

atletiek1Laerskool AG Visser se atlete het gister die rekords tydens hul interhuis byeenkoms laat spat.

 

Delaine Willemse (meisies o/12) het nie minder nie as vier rekords verbeter. Sy het nuwe rekords in die 75m hekkies, 150m hekkies, hoogspring- asook verspring item opgestel.

 

Pieter Kriel (seuns o/12) het twee rekords ingepalm toe hy die bestaande rekords in die 150m naellope asook die 100m naellope laat spat het.

 

 

 

Anke Wiersma (meisies o/10) het ook twee rekords in die 100m naellope en die verspring item verbeter.

 

Nog rekords is deur Demi du Toit (gewigstoot meisies o/13), Jeandré Kitching (gewigstoot seuns o/12) en Simoné Moll (hoogspring meisies o/11) opgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button