Local newsNews

Geliefde Polisievrou aan stuur van Heidelberg stasie

Amanda Viljoen aangestel as waarnemende bevelvoerder.

Luitenant Colonel Amanda Viljoen het vanoggend verneem dat sy voortaan as waarnemende bevelvoerder die leisels by Heidelberg Polisiestasie sal oorneem.

 

2

Lt Kol Viljoen is ‘n geliefde polisievrou en alombekend in die gemeenskap waar sy nie skroom om sy-aan-sy met haar lede te werk nie. Nie net is sy ‘n bekende gesig op misdaadtonele nie, maar sy is ook betrokke in die gemeenskap by geleenthede soos Mandela Dag en het ook diens gedoen by verskeie stemlokale die afgelope verkiesingsdag. Sy is ook ‘n lid van die Protea-tak van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde en ‘n bo-baas bakster.

 

hennie

Nog verskuiwings by Heidelberg Polisiestasie is: Kolonel Hennie Maass sal voortaan die leisels by Tsakane Polisiestasie oorneem en Luitenant Kolonel Barend Groenewald (Heidelberg se speurtak bevelvoerder) sal voortaan die bevelvoerder van Tsakane speurtak wees.

Luitenant Kolonel Roy Fry (‘n ou bekende Heidelberger) kom terug na Heidelberg as die speurtak bevelvoerder.

Heidelberg verloor egter ‘n geliefde polisieman wat ook welbekend in die gemeenskap is. Adjudant Offisier Vollie van Vollenhoven is tot kaptein bevorder en sal voortaan in Vereeniging as die operasionele bevelvoerder diens doen.

Kaptein Paul Mofokeng sal die leisels by Luitenant Kolonel Viljoen as Vispol bevelvoerder van Heidelberg Polisiestasie oorneem.

 

vollie en paul
Kaptein Paul Mofokeng en Kaptein Vollie van Vollenhoven.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button