Local news

Heigel Fotoklub slyp lede se portretfotografievaardighede

Belangstellendes wat meer oor die klub te wete wil kom kan die voorsitter, Dawie de Villiers te by 084 600 5765 kontak.

Heigel Fotoklub se September vergadering het weereens ’n indrukwekkende verskeidenheid foto’s opgelewer, met lede wat hul fotografiese talent en kreatiwiteit ten toon gestel het.

Gedurende September is ’n portretwerkswinkel vir fotograwe by die Ou Tronk in Heidelberg aangebied, met Eugene Viljoen as aanbieder. Tydens die werkswinkel het die fotograwe waardevolle raad ontvang en praktiese ervaring opgedoen om hul kennis en vaardighede in portretfotografie te verbeter.

Die beste algemene wenfoto, Graceful Curve is deur fotograaf Micelle van Niekerk geneem. Foto: Michelle van Niekerk

Vir Septembermaand se kompetisie is daar ongeveer 50 foto’s ingestuur wat deur beoordelaars bespreek is, waarna die beste foto’s uitgewys is

Die voorgeskrewe tema vir die maand was Skaduwees.

Daar is ook verskeie ander katogorieë waar die fotograwe foto’s kan inskryf wat natuur, voëls, ope, portrette, swart en wit, sport en joernalistiek, geboue en nog meer insluit.

Die beste junior wen foto, Diffraction is deur die kameralens van Monica van der Merwe verewig. Foto: Monica van der Merwe

Die voorkeskrewe foto wenner, Shadow Dreams is deur Eugene Viljoen vasgevang.

Die beste algemene wenfoto, Graceful Curve is deur fotograaf Micelle van Niekerk geneem.

Die beste junior wenfoto, Diffraction is deur die kameralens van Monica van der Merwe verewig.
Die voorgeskrewe tema vir Oktober is refleksies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button