CrimeNews

Man in hospitaal ná onderonsie met speurder

Jorrie Jordaan is in die hospitaal nadat hy vroeër vanmiddag in 'n ongeluk met 'n polisieman betrokke was.

Jorrie Jordaan (59) lê in die hospitaal nadat hy vandag om 11:35 in ‘n onderonsie met ‘n plaaslike speurder ná ‘n ongeluk op die Heidelberg/Nigel-pad betrokke was.

Die besonderhede is nog nie duidelik nie, maar volgens inligting het die speurder van agter in Jordaan se Corsa bakkie vasgery toe dié skielik gerem het en ‘n onderonsie het tussen die twee ontstaan.

Jordaan sê hy moes vir vragmotors wat stadig in die pad gery het, rem toe die ongeluk naby Bergsig gebeur het.

Paramedici is na die toneel ontbied en Jordaan is na Life Suikerbosrand Hospitaal met verskeie beserings aan sy mond, gesig, nek en bors geneem.

Dit is nie bekend of die speurder enige beserings opgedoen het nie.

 

Heidelberg polisie ondersoek die voorval en enigiemand met inligting word gevra om dit by Heidelberg Polisiestasie aan te meld.

 

Die staatsvoertuig wat in die ongeluk betrokke was.
Die staatsvoertuig wat in die ongeluk betrokke was.

Related Articles

Back to top button