Local newsNewsSchools

Vossie onderhoof se aftrede laat groot leemte

NIGEL - Laerskool Tini Vorster se geliefde Mnr Charles Naude groet die onderwysberoep na 37 jaar. Hy het die tuig as onderhoof op 30 September finaal neergelê.

Mnr Naude is op 3 Junie 1955 in Randfontein gebore. Sy onderwysloopbaan het in 1981 in Fochville begin, nadat hy ‘n onderwysdiploma (THOD) by die Onderwyskollege in Potchefstroom behaal en daarna twee jaar millitêre diensplig voltooi het. Sy eerste onderwyspos was by Laerskool Fochville as Wiskunde en Wetenskaponderwyser. Kort daarna het hy Laerskool Losberg op die been gebring, waar hy ook departementshoof was.
Hy het in 1997 deel van Laerskool Tini Vorster se onderwyskorps geword waar hy vir 19 jaar Wiskunde en Wetenskap onderrig het. Hy is ook gedurende hierdie tyd as onderhoof aangestel.
Mnr Naude is met die liefde van sy lewe Monica getroud en vier kinders is uit die huwelik gebore. Twee van sy kinders staan ook vandag in die onderwysberoep.
Mnr Naude het aan HERAUT gesê dit was 19 wonderlike jare by die skool en dat hy die leerders en personeel gaan mis, maar hy sien ook uit na sy aftrede. Hy beplan om meer aandag aan sy houtwerk stokperdjie te gee.

IMG_1877 (Custom)
Tydens ‘n afskeidsgeselligheid by die skool op 28 September het kollegas net lof vir Mnr Naude gehad en gesê sy aftrede laat ‘n reuseleemte in hul geledere.

“Hy was nie net ‘n uitmundende onderwyser nie, maar ook ‘n persoon wat nood raakgesien het en wat feitlik alles vir die leerders gedoen het,” het Me Lorraine Rudman gesê.

Mnr Naude se afskeidswoorde was ‘n aanhaling uit Psalm 127: “Sonder die Here is alles tevergeefs.”

Related Articles

Back to top button