CrimeNews

Heidelberg Polisie slaan groot slag toe hulle dagga koeriers vastrek

Bevelvoerder bars van trots op jong konstabels.

Die polisie het vanmiddag ‘n groot slag geslaan toe hulle ‘n voertuig met 95 kompakte dagga van die pad getrek het.

 

Die verdagte Opel Corsa Lite met twee mans van Swaziland is tydens ‘n padblokkade op die hoek van Akasialaan en die R23 (Balfour pad) afgetrek. Die dagga was in sport- en plastiek sakke verpak.

 

“Ek is ongelooflik trots op ons jong konstabels en hul bevelvoerders wat die arrestasies uitgevoer het. Goed gedoen. Misdaad is ‘n nekslag toegedien,” het Kolonel Amanda Viljoen (stasiebevelvoerder) gesê.

 

Die polisie moet nog die geraamde straatwaarde van die dagga bepaal.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button