CrimeLocal newsNews

Dokters kon boer van Grootvlei se oog red

Hickley sterk aan in hospitaal ná wrede plaasaanval

Dokters het gevrees dat Bennie Hickley (76) sy oog sou verloor ná hy en sy vrou Lainny (80) op hul plaas Draaifontein verlede Donderdag wreed aangeval is.

“My skoonpa is herhaaldelik met ‘n hamer en koevoet geslaan. Hulle het bedoel om hom dood te maak,” het Daan Strydom vertel.

Twee aanvallers het die egpaar op 15 Februarie omstreeks 11:30 oorrompel en aangerand. Hickley is op 18 Februarie geopereer en dokters het die goeie nuus dat hulle sy oog kon red met sy familie gedeel.

Hy moet nog ‘n paar operasies ondergaan, maar dokters wil hom kans gee om heeltemal te stabiliseer
Adjudant Offisier André van der Lith (woordvoerder) van Grootvlei SAPD sê die polisie ondersoek die saak en werk onverpoosd om die misdadigers vas te trek.

Waar is Isak Nkoapo?

Grootvlei SAPD soek na Isak Nkoapo wat hulle met die ondersoek kan help. Enigiemand met inligting oor waar Nkoapo hom bevind, word gevra om dringend vir A/O Louis Martin by 017 779 0150 te skakel.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button