CrimeNews

Gewapende rowers kaap BAT sigaret voertuig in Duduza

Sigarette ter waarde van R230 000 geroof

Die bestuurder van ‘n Volkswagen Caddy afleweringswa wat sigarette van BAT vervoer het, is op 12 Februarie deur gewapende rowers oorval terwyl hy ‘n aflewering by ‘n winkel in Lusakastraat, Duduza gedoen het.

 

Volgens Sersant Harry Manaka (Woordvoerder: Duduza Polisiestasie) het drie mans in ‘n wit Toyota Tazz die bestuurder genader. Terwyl hulle vuurwapens op hom gerig het, het hulle hom in die Volkswagen Caddy afleweringswa gedwing en met hom weggery.

 

Die rowers het ‘n ent verder gestop, waar hulle 14 bokse sigarette uit die Caddy in die Tazz oorgelaai het. Die bestuurder is nie in die voorval beseer nie.

 

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting oor die roof om met Duduza SAPD by 011 730 4723 te skakel.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button