CrimeLocal newsNews

Jordaan in hof vir beleggingsbedrog

Jordaan bly in aanhouding tot borgaansoek.

Heidelberg besigheidsman Jaco Jordaan (eienaar van Access Properties Heidelberg) wat op 26 Februarie in verband met beweerde beleggingsbedrog in eiendomstransaksies deur die Valke gearresteer is, het op 27 Februarie in die Secunda Landdroshof verskyn.

Lees ook die voorbladberig in vandag se uitgawe (HERAUT 28 Februarie)

Jordaan word van beleggingsbedrog wat miljoene rande beloop, verdink.

 

Beleggers van onder andere Kriel, Secunda, Vanderbiljpark en Kempton Park het sedert 21 Februarie na vore gekom met klagtes dat fondse wat Jordaan namens hulle belê het, sedert verlede jaar nie uitbetaal word nie.

Foto krediet: Ridge Times

Ongeveer 80 mense het die hofverrigtinge in Secunda bygewoon, waar Jordaan se advokaat die hof versoek het dat Jordaan in aanhouding bly tot sy borgaansoek op 2 Maart aangehoor word.

 

Volgens een van die beleggers (wat verkies om nie haar naam te noem nie) het Jordaan tydens die hofverrigtinge gepleit dat hy ongesteld is en dat hy medikasie benodig.

 

Deon Greyvenstein, Johno Walker en Ferdi van Wyk (beleggers wat glo geld in Jordaan se beweerde piramiedeskema verloor het) wat gister se hofverrigtinge bygewoon het, het plakkate omhoog gehou met slagspreuke soos “Jordaan pay back the money.”

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button