
Die knap optrede van twee van Heidelberg se polisie het daartoe gelei dat drie verdagtes vanoggend tussen Heidelberg en Nigel aangekeer is.
Heidelberg polisie het ‘n verdagte voertuig met drie insittendes in Heidelberg opgemerk. ‘n Jaagtog het gevolg met die verdagtes wat op die R42 in ‘n ander voertuig vasgejaag het. Hulle het uit die voertuig gespring en in nabygeleë mielieland geskuil.
Heidelberg SAPD is vinnig deur polisie van Nigel, Tsakane, Springs, Duduza en Ratanda ondersteun en ‘n netwerk is om die mielieland getrek. Al drie verdagtes is deur die goeie samewerking van lede opgespoor.
Die beseerde mense in die ander voertuig is deur Emer-G-Med op die toneel behandel en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
Lees HERAUT se aanvanklike berig oor die gebeure terwyl die verslaggewers nog op die toneel was.
Kyk hier na al die foto’s asook ‘n kort videogreep van die toneel:









