NewsSport

Swemmers gee alles tydens nasionale kampioenskappe

Victor Aquantum Swemklub se swemmers het aan die Senior Nasionale Swemkampioenskappe in Port Elizabeth gaan deelneem

Victor Aquantum Swemklub se swemmers het die swemseisoen se laaste galas op ‘n hoë noot afgesluit met Jandré Moll (17) wat vandeesweek (23 tot 29 April) aan die Senior Nasionale Swemkampioenskappe in Port Elizabeth gaan deelneem.
Jandré en Byron Smit (12) het tydens Swem Suid-Afrika se Junior Nasionale kampioenskappe wat van 21 tot 25 Maart in Durban gehou is, baie goed teen top swemmers uit alle streke gevaar. Jandré het ‘n goue medalje in die 50m vryslag en brons medalje in die 100m vryslag ingepalm. Byron het in sy eerste gala na die 200m borsslag finale deurgedring.
Jandré en Pieters de Kock (afrigter) sal ook die Gauteng Swemspan tydens die Tricolour Games in Italië wat van 4 tot 16 Julie gehou word, verteenwoordig.
Inge Steyn (14), Chloe Barnard (13), Cristopher Strydom (11) en Huib Sprong (10) het op 3 tot 6 April aan Swem Suid-Afrika se Vlak 3 streekgala in Pretoria deelgeneem. Swemmers van Gauteng, Noordwes en Limpopo moet kwalifiseer om hier deel te neem. Inge het ‘n goue medalje in die 100m rugslag en ‘n brons medalje in die 50m rugslag verdien. Chloe het in heelwat finale items haar slag gewys en slaag daarin om ‘n brons medalje in die 200m borsslag te verower.
Cristopher het drie goue medaljes in die 50m, 100m en 200m rugslag items verower. Hy het ook drie silwer medaljes in die 50m en 100m vryslag asook 50m vlinderslag ingepalm. Hy het ook ‘n brons medalje in die 100m vlinderslag verdien. Cristopher het tot in die finale van al nege items waarvoor hy ingeskryf het gevorder.
Huib is ‘n jaar jonger as Vlak 3 se ouderdomsgroep van 11 jaar en het persoonlike beste tye in al sy items geswem. Hy het ook ‘n finale plek in die 200m borsslag item verdien waar hy ‘n vyfdeplek losgeswem het.

 

Jandré Moll en Pieters de Kock (afrigter) sal Gauteng tydens die Tricolour Games (wat in Italië gehou gaan word) in Julie verteenwoordig.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button