CrimeLocal newsNewsBreaking News

Nagmerrie ontbering toe Ma en dogter van Nigel in veld oorval word

'n Ma en haar minderjarige dogter is gelukkig om te leef nadat hulle op 28 April in 'n oop veld naby Heidelberg Mall oorval en seksueel aangerand is.

Volgens polisiewoordvoerder Kaptein Thivhulawi Tshilate, het die voorval tussen 18:00 en 19:00 plaasgevind toe twee mans die 47-jarige vrou en haar kind in die veld agter die winkelsentrum oorval het. Die vrou is glo seksueel aangerand, terwyl hulle met messe aangehou is.

“Die vrou en haar dogter was na bewering op pad van ‘n troue op die dorp. Toe hulle by die minibusstaanplek kom, het hul minibus reeds na Nigel vertrek en die vrou is aangeraai om na ‘n ryloopplek naby die winkelsentrum te gaan,” het Kapt Tshilate gesê.

Volgens Tshilate het die vrou aanwysings na die plek gevra en twee mans het ‘n voetpad wat deur die veld na die winkelsentrum loop, uitgewys. Naby ‘n ou mynskag in die middel van die veld het twee mans glo uit die bosse gespring, die vrou op die grond gegooi en haar onderklere afgeskeur.

“Een van die verdagtes het haar glo met ‘n mes gedreig terwyl hy haar verkrag het en die ander verdagte het haar vasgedruk. Hulle het glo ook die minderjarige dogter gegryp en probeer om haar te verkrag, maar kon nie daarin slaag nie, aangesien ‘n veiligheidsbeampte opgedaag en tot die vrou en haar dogter se redding gekom het,” het Kapt Tshilate gesê.

Die verdagtes het op vlug geslaan en ‘n polisiesoektog is van stapel gestuur..

‘n Saak van verkragting en seksuele aanranding word ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button