CrimeLocal newsNews

Behoort hierdie grassnyer aan jou?

Die polisie het tydens ‘n patrollie op 4 Junie ‘n verdagte persoon met ‘n grassnyer verby Shalimar Ridge sien stap.

Heidelberg Polisie se gedugte span, Adjudant Offisier Wollie Wolmarans en Sersant Vusumuzi Zondo het verlede week verdagtes aan die pen laat ry. Tydens een voorval het hulle verdagte inbrekers aangekeer voor die eienaar van die onderneming geweet het dat daar by hom ingebreek is.

 
Die polisie het tydens ‘n patrollie op 4 Junie ‘n verdagte persoon met ‘n grassnyer verby Shalimar Ridge sien stap. Die 27-jarige man kon nie verklaar waar hy die grassnyer gekry het nie en kon ook nie eienaarskap bewys nie. Hy is aangekeer en het op 5 Junie in Heidelberg Landdroshof op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom verskyn. Borgtog is geweier en die man het weer op 10 Junie in die hof verskyn.

 
A/O Wolmarans vra die publiek se hulp om die eienaar van die grassnyer op te spoor. Volgens inligting is ‘n kruiwa ook gesteel, maar dié kon nie opgespoor word nie.

 

Heidelberg Polisie het met hul wakker optrede daarin geslaag om verskeie verdagtes wat met vermoedelik gesteelde goedere betrap is, aan te keer. Sersant Vusumuzi Zondo is hier besig met papierwerk ná een van die arrestasies.

 
In nog ‘n voorval het die twee SAPD-lede saam met Konstabel Johnny Mokhethoa net na 06:00 op 7 Junie patrollie gery, toe hulle twee verdagtes in Schoemanstraat opmerk. By nadere ondersoek het hulle gevind dat die mans toerusting van ‘n bande onderneming ter waarde van bykans R10 000 in hulle besit gehad het.

 
Die lede het verder ondersoek ingestel en die inbraak by ‘n bekende bande onderneming ontdek. Hulle het die eienaar in kennis gestel. Hy was nog nie bewus van die inbraak nie en het die polisie vir hul wakker optrede geprys.

 
Die 18- en 23-jarige verdagtes is in hegtenis geneem en sou op 10 Junie in Heidelberg Landdroshof op aanklagte van inbraak en die besit van vermoedelik gesteelde goedere, verskyn.

 
Enigiemand met inligting oor die kruiwa en grassnyer (eienaarskap van die grassnyer moet bewys word) kan Mari Matlala (SAP 13 klerk) by 016 341 0341 skakel of besoek die polisiestasie op die hoek van Marais- en Voortrekkerstraat.

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button