Local newsNewsSchools

Atlete maak Volkskool trots

Verskeie leerders van Hoër Volkskool het die afgelope skoolvakansie in verskillende sportsoorte presteer en is in provinsiale- en nasionale spanne opgeneem.

Favour Umeh is in die nasionale o/16 netbalspan tydens die afgelope provinsiale netbalkampioenskappe opgeneem. Die span gaan in Augustus na Zambië toer.

 

Favour Umeh van Hoër Volkskool is in die nasionale o/16 netbalspan opgeneem.

 

JJ du Plessis en Richard Muller het as lede van die o/17 Valke rugbyspan aan die Rhino Week in Vanderbijlpark deelgeneem waar hul span derde geëindig het.

 

JJ du Plessis is gekies om deel van die rugby Suid-Afrikaanse Rhino Weekspan uit te maak.

 

JJ en Richard is albei vir die Suid-Afrikaanse Rhino Week rugbyspan gekies. Dié span bestaan uit provinsiale spelers van die Cheetahs, Griffons, Valke en Griekwas. Die span sal later vanjaar na Europa toer waar hulle teen o/18 klubs van Edinburgh, Liverpool en Cardiff te staan kom.

 

Richard Muller van Hoër Volkskool is in die rugby Suid-Afrikaanse Rhino Weekspan opgeneem.

 

Michael de Beer is in die o/13 Vaaldriehoek rugby Bokkieweekspan opgeneem na afloop van die Bokkieweek wat in Naboomspruit plaasgevind het. Hy is ook vir die o/13 AVS (Afrikaner Volkseie Sport) Steenbokspan gekies wat gedurende Oktober na Namibië toer.

 

Michael de Beer is in die o/13 Vaaldriehoek Bokkieweek rugbyspan asook o/13 AVS Steenbokspan opgeneem.

 

Leam Rheeder het aan die Suid-Afrikaanse stoeikampioenskappe in Middelburg deelgeneem en eersteplek in die kadet afdeling (gewigsklas 65kg tot 71kg) verower. Hiermee verdien hy ‘n goue medalje en Suid-Afrikaanse kleure.

 

Leam Rheeder het aan die SA stoeikampioenskappe deelgeneem waar hy ‘n goue medalje asook SA-kleure verower het.

 

JP Pretorius (Vaaldriehoek o/19 hokkiespan) en Reinhardt Kriel (Oos-Transvaal o/19 hokkiespan) het aan die Bokkieweek in Naboomspruit deelgeneem. JP is in die AVS o/19 Bokkiespan en Reinhardt in die AVS Gazelle o/19-span opgeneem. Die AVS A-Bokkiespan gaan in Oktober in Spanje toer.

 

JP Pretorius het sy plek in die o/19 AVS Bokkie hokkiespan losgespeel.

 

 

Reinhardt Kriel is in die o/19 Gazelle hokkiespan opgeneem.

 

Tamara van Vuuren en Shané Smit is deur Eventing South Africa en die South African Equestrian Federation gekies om Suid-Afrika tydens die African Nations Shield Tournament wat in Augustus in Namibië aangebied word, te verteenwoordig.

 

Tamara van Vuuren is hier in aksie op haar perd Levi. Perd en ruiter gaan in Augustus aan die African Nations Shield toernooi deelneem. Tamara is ‘n ruiter van Carlisle Stud and Equestrian Park.

 

Die ruiters is gedugte spanne saam met hul perde Levi (Tamara se perd) en Carlisle’s Anuk (Chané se perd) en gaan teen lande soos Zimbabwe, Kenia, Namibië en Swaziland meeding.

 

Shané Smit en haar perd Carlisle’s Anuk (lede van Carlisle Stud and Equestrian Park) gaan ook aan die African Nations Shield toernooi wat in Augustus in Namibië gehou word, deelneem.

 

 

Volg ons op:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button