Local newsNewsSchools

Nee vir boelies in Volkieland

Elke dag van die week het ‘n ander tema en aktiwiteite vir leerders ingehou

Laer Volkskool het op 19 Julie hul (anti-)Boelieweek op ‘n hoogtepunt afgesluit toe leerders, onderwysers en personeel hul ‘superhero’ mantels aangetrek het en gewys het dat hulle ‘n verskil in mekaar en ander se lewens wil maak.

 
Me Jireh Barnard (organiseerder) van die Boelieweek het die skool aangespoor om hul Godgegewe talente ‘super powers’ soos vriendelikheid, behulpsaamheid, liefde en geduld in te span en daardeur te help om ander se lewens beter te maak.

 

“Jy moet opstaan deur jou mantel om jou te hang en ‘n verskil in jou dorp en skool maak,” het sy gesê.

 

Elke dag van die week het ‘n ander tema en aktiwiteite vir leerders ingehou. Die skool se personeel het ook na hartelus meegedoen en Vrydag hul superhero uitrustings gedra.

 
Die week is afgesluit met sportwedstryde. Die manspersoneel het die dames op die netbalbaan aangedurf, waarna die manspersoneel die leerders in ‘n rugbywedstryd aangevat het.

 

 

 

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button