
Marlene Steyn (64) en haar 71-jarige vriend is getraumatiseer nadat hulle helder oordag op 1 Oktober in hul huis in Coen Labuschagnestraat, Rensburg deur gewapende mans oorval is.
Marlene sê sy voel ná die voorval nie meer veilig in haar eie huis nie. Twee mans het omstreeks 12:00 in hul huis (vermoedelik by die agterdeur) ingestap en die egpaar met wapens gekonfronteer. Marlene se vriend het ‘n koffietafel gegryp en hulle daarmee begin slaan toe die mans geskree het dat hulle die paartjie gaan doodmaak. Hy het in die proses ‘n sny op sy neus opgedoen.

Marlene, wie ‘n skoueroperasie ‘n paar weke tevore ondergaan het, het gehardloop en die huisalarm geaktiveer. Dit het veroorsaak dat die rowers hul slagoffers se selfone en juweliersware gegryp het en weggehardloop het.
Enigiemand met inligting oor die voorval of waar die verdagtes hulle bevind, kan Heidelberg Polisiestasie by 016 341 0343/72 of A/O Frank Mnqosini (Sektor 3 bevelvoerder) by 082 856 0968 skakel.



