CrimeNewsBreaking News

Rowers sak toe in Heidelberg Sentraal

Dit is die derde gewapende roof in die afgelope twee weke in diè gebied.

‘n Gewapende rower het inwoners van ‘n huis in Arnoldistraat gister (8 November) oorval en beroof.

Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate (woordvoerder) van Heidelberg SAPD het die rower om 13:40 die huishulp wat in ‘n buitekamer besig was, oorval en haar met ‘n vuurwapen in die huis gedwing.
Die huishulp het begin skree en die vrou van die huis het haarself en haar twee jong kinders in die hoofslaapkamer probeer toesluit.
Die rower het die deur oopgedwing en die twee vroue vasgebind. Hy het hierna die huis deursoek vir waardevolle items. Die vrou se skoonpa het by die hek gestop en die rower het gevlug. Hy het met selfone, kontant en juwele weggekom.

Die rower het Zulu en Engels gepraat, is ongeveer 1.6m lank en skraal gebou. Hy het ‘n letsel onder sy lip en het donker klere en ‘n donker keps aangehad.

Enigiemand met meer inligting oor die insident kan Heidelberg polisiestasie by 016 341 0372/43 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button