CrimeNewsBreaking News

Diewe slaan toe op hekmotors

Heidelberg 10 keer die afgelope twee dae geslaan

Crime Stop Sekuriteitdienste waarsku inwoners dat daar die afgelope twee dae (19 en 20 November) 10 hekmotors gesteel is.

 

Die diefstalle het veral in Rensburg plaasgevind met Roets-, DF Malan- en Zuidstraat wat tussen 23:00 en 04:30 geteiken word.

 

Suzan Basson (algemene bestuurder) van Crime Stop sê inwoners moet ‘n behoorlike anti-diefstal metaalklamp met ‘n slot van goeie gehalte op hekmotors aanbring. Sommige alarmstelsels kan uitgebrei word om ook die hekmotor te beskerm. Kry meer inligting hieroor by jou sekuriteitsmaatskappy.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button