CrimeNewsBreaking News

Moordverdagte van Heidelberg neem eie lewe

Sy moes gister (5 Desember) saam met mede-beskuldigdes in die hof verskyn.

Alice Graham (44) het volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate (woordvoerder) van Heidelberg SAPD op Woensdag (4 Desember) ‘n oordosis pille in die Johannesburgse Vroue Korrektiewe Sentrum (algemeen bekend as Sun City Prison) geneem.

 

Sy is later in die Chris Hani Baragwanath Hospitaal in Soweto dood.

 

Graham is saam met haar seun uit ‘n vorige verhouding, James Randall (22) en Clifford Basson (64) van die moord op Graham se lewensmaat, Andries Swanepoel (58) aangekla nadat sy bebloede liggaam op 25 Augustus in die huis (waar al die betrokkenes saam in ‘n woonwa en tent gewoon het) in Rensburg gevind is.

 

Die saak is tot 20 Januarie uitgestel.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button