
Opvolg 7 Desember
Die plaasaanval wat gister op Ds Jan Schroeder (86) se plaas op Boschoek buite Heidelberg plaasgevind het, het hom en sy vrou Lettie geskok gelaat.
Jan was laatmiddag in die melkstalle oorval deur vier mans met balaclavas. Hulle het hom vasgebind met kabelbinders en toegang tot die huis probeer kry.
Lettie het die mans gewaar, die huis gesluit en die paniekknoppie gedruk. Die verdagtes het hierna met Jan se huissleutels gevlug. Jan het ligte beserings opgedoen en Lettie was ongedeerd.
Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate (woordvoerder: Heidelberg SAPD) was daar geen vuurwapens betrokke nie en geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.
Berig op 6 Desember, pas nĂ¡ aanval
Ds Jan Schroeder was op 6 Desember omstreeks 17:00 op sy plaas langs die R42 net buite Heidelberg aangeval.
Vier mans met balaklavas het Schroeder in die melkstalle oorval en met kabelbinders vasgebind.
Hulle het hom ook geskop en geslaan.
Schroeder se vrou Lettie, het die verdagtes gewaar en net betyds die huis gesluit gekry.
Sy het vermoedelik die paniekknoppie gedruk waarna die verdagtes gevlug het. Ds Jan is geskok maar nie ernstig beseer nie. Meer inligting sal volg soos bekend gemaak word.



