CrimeNews

Staaldiewe vasgevat

Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle staalstawe by ‘n besigheid in Apseystraat gesteel het. 

Crime Stop sekuriteitsdienste het op 8 Januarie die verdagte mans in Chrisstraat gewaar en Heidelberg polisie in kennis gestel. A/O Wollie Wolmarans en Sers Vusumuzi Zondo saam met lede van Heidelberg GPF was spoedig op die toneel.

Volgens lede van Crime Stop was die mans arrogant en het probeer weghardloop. Die verdagtes is vasgetrek en het erken dat hulle reeds vroeër die oggend staalstawe aan ‘n nabygeleë skrootwerf verkoop het. Die vyf mans is in hegtenis geneem en na Heidelberg Polisiestasie geneem waar profiel samestellings en vingerafdrukke geneem is.

Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate (polisiewoordvoerder) is die verdagtes later dieselfde dag vrygelaat weens tegniese redes. Die klaer in die saak is blykbaar vir ‘n onbepaalde tydperk uitstedig en gevolglik kan daar nie kriminele klagtes gelê word nie.

In nóg ‘n voorval op dieselfde toneel het die polisie onraad bemerk toe ‘n voertuig sonder nommerplate by die toneel stop.

Volgens inligting was die betrokke voertuig ‘n paar maande gelede amptelik geskrap. Gauteng verkeersafdeling is dienooreenkomstig van die voertuig in kennis gestel en die bestuurder van die voertuig het ‘n boete ontvang.

Dié voertuig (links) het by die toneel gestop sonder enige nommerplate en lisensieskyf en is deur lede van die polisie voorgekeer. Die bestuurder van die voertuig is ‘n boete opgelê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button