
Dit volg ná die liggaam van die 48-jarige SAPD-Lid A/O Johan Lewis op 13 Januarie in ‘n plaasdam buite Nigel gevind is.
Lees HERAUT se vorige berig hier.
Volgens Brig Peters dui die voorlopige ondersoek daarop dat Lewis in die dam ingestoot is waarna hy verdrink het. Die saak word verder deur die SAPD provinsiale ondersoek-eenheid ondersoek.
Die saak is tot 31 Januarie vir ‘n borgaansoek uitgestel.

A/O Lewis word op 22 Januarie om 10:00 vanuit Nigel NG Kerk Suid begrawe.
Hy laat sy vrou, twee kinders en moeder Lilian agter.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



