Foto’s vertel ’n storie
“Oud en jonk maak daagliks van verskillede toerusting gebruik om gebeurtenisse of goeie tye vas te vang.”
Die Heigel Fotoklub se temas vir die jaar is bekendgestel.
Die doel is dat elke lid kritiek en op tye buite die boks moet dink.
Die jaar se maandelikse temas is:
• Maart – Insekte van Naby (nie makro nie)
• April – Kosmosse
• Mei – Tafelblad
• Junie – Hemelruim en Sterre
• Julie – Skilder met lig
• Augustus – Portretstudie van ’n persoon (swart en wit)
• September – Voëls in die Lug
• Oktober – Menslike Beweging
• November – Abstrakte Fotografie
“Fotografie as ’n kunsvorm is besig om vinnig deel van almal se daaglike bestaan te maak,” het Francios van Jaarsveld van die klub gesê.
“Oud en jonk maak daagliks van verskillede toerusting gebruik om gebeurtenisse of goeie tye vas te vang.
“Kreatiwiteit is nie beperk tot ’n persoon se gewone denke nie, maar wat wat elke persoon sien in sy gedagtes en wil uitbring in kunsvorm.”
Enige person wat wil leer of hulle kuns in fotografie verbeter, is welkom om by die klub aan te sluit.
Dit sluit nie net kamera fotograwe in nie, maar ook selfoon fotografie entoesiaste in.
Foto’s word ingestuur om beoordeel te word en met maandelikse geleenthede word foto’s bespreek, asook waar elke persoon kan leer of hulle kuns verbeter.
Verder sal daar ook verskeie aktiwiteite plaasvind soos fotojag, uitstappies, historiese geboue, werkswinkel vir beginners, ken-jou-kamera, fotografie kampnaweke en meer.
Vergaderings vind elke tweede Woensdag by die Nigel Tennisklub vanaf 18:30 plaas.
Enige verdere navrae kan gerig word aan Francois van Jaarsveld by 083 659 9657.



