Nigel VLU gesels oor liefde
Die tak het die vergadering by die AGS Kerk in Nigel gehou.
Lede van die Nigel VLU het op 10 Februarie hul maandelikse vergadering gehou.
Siende dat die maand ook as die maand van liefde bekend staan, het die gasspreker, Beverley Kleinsmith, met die vroue oor verskillende aspekte van liefde gepraat.
Anna-Marie Axer het ook twee nuwe lede welkom geheet. Alberts het in Januarie en Trecia Swan in Februarie aangesluit.
Die vroue was ook ingenome om die nuwe jaar boek, wat deur Elsa Greyling saamgestel is, tydens die vergadering te ontvang.

Die tak se lede sien ook uit na die Goudrifstreek se jaarlikse konferensie wat deur die vroue bygewoon gaan word op 26 Februarie.
Die konferensie word in Springs, te Lofoord Kerk, deur die Carpe Diem tak van Springs aangebied.
“Ons sien beslis hierna uit aangesien verlede jaar net ’n aanlynkonferensie was,” het Axer gesê.
Die tak se volgende vergadering is op 10 Maart. Belangstellendes kan 082 886 2002 skakel vir meer inligting.



