Local newsNewsSport

Heidelberg stap as oorwinnaars van die veld af

Taai wedstryd sorg vir opwinding.

Op 19 Februarie het Heidelberg Rugbyklub se eerstespan kragte teen die Union Bulldogs van Johannesburg-Suid op Hoër Volkskool se velde gemeet.

Die eerste helfte van die wedstryd was gelykop, met die enigste verskil van twee strafskoppe wat Heidelberg tussen die pale deurgestuur het om ’n voorsprong van 6-0 tydens halftyd te geniet.

Gedurende die tweede helfte het dit gelyk of Bulldogs ander planne gehad het en het hulle ’n drie gaan druk wat verdoel was. ’n Strafdoel was ook verower.

Roaan Viljoen lei Heidelberg se eerste rugbyspan op die veld.

Met die tyd wat uitgeloop het, het Heidelberg met mening ingeklim en teen die einde van die wedstryd twee verdere drieë gedruk. Nie een van die drieë was verdoel nie en die eindtelling was 16 vir Heidelberg en 10 vir die Bulldogs.

Die groot verskil tussen die twee spanne was dat Heidelberg se voorspelers bobaas gevoer het en die skrumme oorheers het. Daar was een geelkaart vir ongeoorloofde spel teen Heidelberg.

Heidelberg en Union Bulldogs skrum in die middel van die veld.

Met die strafskop telling van altesaam 33 strafskoppe het die verskeie afrigters harde werk wat voorlê om dit te verminder.

Daar was ook altesaam 21 skrums en 17 lynstane in die wedstryd gewees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button