Oud-Volkie van 2020 Frederick Malgas is onlangs gekies om sy buiging te maak in die Varsity Cup vir UP- Tuks teen UCT Ikeys vir die wedstryd wat op 28 Februarie op Tukkies se rugbyvelde plaasgevind het.
Malgas het verskeie seisoene vir Valke-spanne gespeel en was ‘n leerlingraadlid in 2020.
Nog ‘n oud Volkie, Jan Kotze (2015 matriek-klas) was ook gekies vir die Varsity Cup.
Kotze was vir die CUT Ixias gekies, wat op 28 Februarie teen die UFS Shimlas gespeel het.
Kotze het vir die Valke o-18 akademiese span in 2015 gespeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



