Local newsNews

AfriForum buurtwag hou strate veiliig

Buurtwag arresteer twee verdagtes.

AfriForum Heidelberg se buurtwag het op 4 Maart gekoördineerde patrollies in Heidelberg uitgevoer.

In die aand het lede van die buurtwag op ‘n vrou in Voortrekkerstraat afgekom was pas geroof was.

Met vinnige optrede was daar binne minute ‘n arrestasie, waar die gesteelde goedere in die verdagte se besit gevind was.

Die buurtwag het die verdagte persoon aan die SAPD oorhandig en die slagoffer het noodhulpbehandeling vir ligte beserings ontvang.

Op 6 Maart het die buurtwag ‘n verdagte in besit van dwelms aangekeer in die Heidelberg se sentrale besigheidsgebied.

AfriForum se lede ondergaan skiet opleiding.

Onraad was vermoed toe die buurtwag opgemerk het dat die verdagte ‘n vuurwapen in sy besit het terwyl hy in Voortrekkerstraat geloop het.

Terwyl die buurtwag hom agtervolg het, was die SAPD ook in kennis gestel.

Die verdagte is gearresteer en dwelms was in sy besit gevind maar die vuurwapen wat die verdagte in sy besit gehad het was ‘n speelgoed vuurwapen.

Tesame met die buurtwag se sukses die afgelope naweek, het die AfriForum Buurtwag ook onlangs hulle basiese skietopleiding voltooi en hul vernuf op die skietbaan te beproef.

“Ons sal bou aan ons buurtwag met kundigheid en selfverdediging om die take suksesvol aan te pak en te verseker dat ons Heidelberg kan beveilig en om te verseker dat die gemeenskap veilig is,” het ‘n woordvoerder van AfriForum gesê.

AfriForum se buurtwag ontvang instruksies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button