Local newsNews

SA’s wink vir twee Volkies

Volkie-atlete kwalifiseer vir die SA's.

Laer Volkskool se atlete het op 12 Maart aan die Gauteng Atletiekkampioenskappe deelgeneem.

Die atlete wat deelgeneem het was Kasper Rooseboom, Jolene Grobler, Riané Marais, Emma Barnard, Corlia Greyling, Blessing Khithika, Laché Collen, Adriaan Coetzee en Noa Froneman.

Corlia (sewende plek in o-10 hekkies), Blessing (vyfde plek in o-12 hoogspring) en Laché (vierde plek in o-12 hoogspring) het deurgedring na die finale in hulle items.

Twee atlete het uitstekend gevaar en het hul plek op die podium ingeneem en daarmee ook deurgedring na die SA Kampioenskappe wat op 24-26 Maart te PUK McArthur in Potchefstroom sal plaasvind. Hulle is Adriaan (derde plek in o-11,1 200m met ’n persoonlike beste van 3:52) en Noa (eerste plek in o-13 gewigstoot met ’n afstand van 11.75m).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button