Met Heidelberg wat net een poskantoor het, is daar daagliks ’n groot samedromming van mense in die parkie reg oorkant die Rensburg Poskantoor.
“Weens ’n gebrek aan asblikke en vullisdromme is daar elke dag ’n geweldige gemors in die parkie,” het Charlotte Cloete van Skoon Heidelberg gesê.
Die parkie grens direk aan die Goemoedsrus Aftree-oord.
Vier inwoners van die oord, Johan en Magda Geere, asook Danie en Marietje Marais, het die taak op hulle geneem om elke Saterdag die parkie op te ruim.

Tesame met die Skoon Heidelberg groep maak die inwoners ’n verskil in Heidelberg.
Daar is ook’n behoefte aan ’n vrywilliger of twee om die parkie se gras maandeliks te sny.
Inwoners wat op enige manier betrokke wil raak, kan vir Charlotte Cloete van Skoon Heidelberg by 083 488 5337 skakel.



