Local newsNews

Nigeldam steeds gesluit

Daar is nog geen resultate vir die Nigeldam beskikbaar gestel nie.

Die Nigeldam is steeds ’n onderwerp van groot kommer in die dorp.

Dit na daar talle dooie visse in die dam opgelet is oor die naweek van 12 Maart.

Die Stad van Ekurhuleni het na die ontdekking die dam gesluit vir die publiek, waarna ’n poging om die dooie vis uit die dam te verwyder deur die gemeenskap aangewend is.

Die skoonmaak van die dam het oor die naweek van 19 Maart plaasgevind.

Van die dooie vis is oor die naweek van 18 Maart uit die dam verwyder.

“Ons het tussen 350 en 400 visse uit die dam verwyder,” het DA raadslid Wollaston Labuschagne gesê.

“Daar was teen die Sondag nog dooie vis in die dam, maar dit het nou al so ontbind dat dit al amper onmoontlik is om te hanteer.”

Labuschagne meen dat hulle nog op die resultate van die watermonsters wat geneem is wag.

HERAUT het teen druktyd (28 Maart) nogsteeds geen terugvoering van die Stad van Ekurhuleni ontvang nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button