CrimeNews

Samewerking lei tot arrestasie

Voertuig diewe loop hulle rieme styf.

Op 24 Maart het AfriForum en die SAPD in Meyerton en Heidelberg saamgewerk en verseker dat drie verdagtes in ’n gesteelde voertuig in Heidelberg in hul spoor gestuit is.

Midvaal Munisipaliteit het ’n kamera toepassingsisteem wat voertuig registrasienommers afneem.

Op 24 Maart het ’n voertuig by die kamera verby gery op die R551 en het alarms afgegaan om die beheerpersoneel in kennis te stel dat die voertuig gesteel was, waarna ’n lid van die gemeenskapsveiligheidseenheid (GVE) in kennis gestel was. Die GVE-lid het waargeneem dat die voertuig in Heidelberg se rigting ry en het die SAPD en AfriForum-buurtwag laat weet.

Die buurtwag het die Jordaanpark vierrigtingstop beman en die Meyerton SAPD het ook soontoe gehaas, betyds om die verdagte voertuig af te trek.

Al drie insittenses was gearresteer.

Dr Willem Sprong, die AfriForum Heidelberg-tak voorsitter, het die berig bevestig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button