Local newsNews

Rensburg park word skoongemaak

Die Skoon Heidelberg-groep wat elke week ’n gedeelte van Heidelberg skoonmaak, het dié week hul fokus na Rensburg verskuif.

Die park aangrensend Roets- en Pleinstrate het aandag geniet.

Die park in Rensburg is ‘n seeroog.

Gebreekte bottels en glasstukke maak die area gevaarlik en ontoeganklik vir kinders. Die swaaie, waarvan die meeste gebreek is, is ook nie veilig om te gebruik nie.

Vuil babadoeke, rommel en ’n boom wat omgeval het, ontsier die park verder.

Die swaaie is gebreek.

’n Byenes in ’n uitgebrande kragboks is ook rede tot kommer.

Die groep het ongeveer ’n uur in die park spandeer en agt sakke rommel bymekaar gemaak.

Die rondomtalie is besaai met gebreekte glas en omring deur lang gras.

Charlotte Cloete van die groep het gesê dat die gras dringend deur die munisipaliteit gesny moet word.

‘n Uitgebrande kragboks huisves ‘n byenes.

“Waar moet die kinders speel as daar nie na die parke gekyk word nie?” het sy gevra.

Lesedi Plaaslike Munisipaliteit is genader rakende die toestand van die park en herstelwerk aan die toerusting.

‘n Gedeelte van ‘n boom het omgeval en is net so gelaat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button