Local newsNewsSport

Plaaslike swemmers skitter by SA’s

Strydom en Moll skitter in die swembad.

Heidelberg se twee ster swemmers het onlangs aan die Suid-Afrikaanse senior- en junior swemkampioenskappe, wat in Ggeberha plaasgevind het, deelgeneem.

Die swemmers, Simoné Moll en Cristopher Strydom, het hulself uitstekend van die taak gekwyt en teen die land se top swemmers deelgeneem.

Strydom het in die junior kompetisie geswem in die o-15 kategorie. Hy het altesaam ses medaljes verower: brons in die 50m, 100m rugslag en 200m vryslag, silwer in die 100m vryslag en goud in die 50m asook die 100m vlinderslag.

Tatjana Schoenmaker, Simoné Moll en Kaylene Corbett by die SA Swemkampioenskappe.

Moll het aan die senior swemkompetisie deelgeneem. Vir haar eerste keer by die kompetisie het sy uitstekend gevaar en in twee rondtes na die finale rondtes deurgebring, waar sy onder die top agt swemmers in die borsslag afdeling geëindig het. Sy het ook haar swemheldin, Tatjana Schoenmaker, ontmoet en teen haar geswem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button