Twee plaaslike MMA-vegters gekies om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem.
Ability Academy Heidelberg se studente het onlangs aan die Oos-Gauteng Skopboks (MMA) proewe deelgeneem te Brakpan.
Met hul goeie vertonings is Esmeralda Zeilinga en Arno Carstens gekies vir die Oos-Gauteng span.
Hulle het albei op 5 Maart deelgeneem aan die Gauteng Skopbokskampioenskappe te Kemptonpark, waar Zeilinga ’n derde plek behaal het en Carstens ’n tweede en eerste plek in verskillende gevegstyle.
Hul prestasies het daartoe gelei dat beide gekies is om vanaf 12 tot 15 Mei aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te Mosselbaai te gaan deelneem.
Ability Academy se hoofafrigter, Stefan Pretorius, het gesê dat hy beïndruk is met die twee se prestasies.



