Local newsNews

Suikerbos Aftree-Oord bederf ouer inwoners

Die spesiale gaste het ook 'n ere-ondersteunerssertifikaat van Solidariteit Helpende Hand ontvang.

Op 5 Mei het die Suikerbos Aftree-Oord in Heidelberg ‘n verjaarsdag byeenkoms vir inwoners wat tussen Januarie tot Junie 90 jaar en ouer geword het gehou.

Marlene Walkden, maatskaplike werker by Suikerbos Aftree-Oord, tesame met Frik van Niekerk van Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak het verseker dat die senior burgers bederf was.

Elkeen wat tot dusvêr deur die jaar 90 jaar of ouer geword het, het ‘n uitnodiging gekry om die geselligheid by te woon sonder dat hulle geweet het waaroor dit gaan.

Daar was vir elkeen ook ‘n spesiale pakkie opgemaak wat hulle na die tyd kon huis toe neem om te geniet. Elkeen het ook ‘n ere-ondersteunerssertifikaat van Solidariteit Helpende Hand ontvang.

Op ‘n vraag aan die senior burgers oor die geheim van oud word was almal dit eens dat dit net met die genade van Bo is.

“Moet nie wankel in jou geloof nie” was ook een van die antwoorde.

Walkden het aan die spesiale gaste gesê dat hulle vir almal ‘n voorbeeld is.

Frik Van Niekerk het die senior burgers verseker dat Helpende Hand daar is om mense te help wat hulp nodig het.
“Ons fokus op kinders, gesinne, gestremdes en die ouer geslag. Julle is al almal deel van wêreldoorloë tot die nuutste tegnologie en alles wat daarmee gepaard gaan.

“Julle staan nog steeds sterk en die wysheid waaroor julle beskik kan verseker nie gekoop word nie,” het van Niekerk bygevoeg.

Die inwoners wat hulle verjaarsdae gevier het was Jacoba Prinsloo (90), Jacobus Brits (92), Johanna Swanepoel (92), Aileen Thane (92), Ria Scott (93), Willem Pretorius (95), Anna Jordaan (96), Anna Pruis (96), Johanna Mey (96) en Fred Vorster (97).Vorster het grapsgewys afgesluit deur te sê, “Nou wag ons vir my 120ste verjaarsdag.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button