Local newsNews

Veterane deel inligting

Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging streef daarna om mede veterane te help.

Op 30 April het die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging ‘n byeenkoms by die Nigel Rolbalklub gehad.

Ds Ernst Zeelie van die NG Kerk Moedergemeente het die verrigtinge met gebed geopen, waarna Karel Groesbeek, voorsitter van die Vlakvark-eenheid almal verwelkom het.

Daar is tans ‘n veldtog om meer weermag veterane te kry om by die vereniging aan te sluit en die provinsiale voorsitter, Cisco van Schaik het meer inligting oor die veterane vereniging gedeel.

Die vereniging beskik tans oor 9 000 lede regoor Suid-Afrika. Die grootste aantal lede, naamlik 3 000, is van Gauteng afkomstig.

“Ons is daar om die veterane te ondersteun en te verseker dat die hulle erkenning kry,” het Van Schaik het gesê.
“Ons fokus begin op nasionale vlak met projekte en dienste.

“Ons soek ook projekleiers wat in sekere areas die gemeenskap ‘n beter plek kan maak.

“Daar word ook strukture in plek gestel om veterane te help. Deel van die projekte is ook om werk vir veterane te skep in die toekoms,” het Van Schaik bygevoeg.

Kaptein Roberto Leici het verder met die lede gepraat oor die verskeie projekte wat die SAWV het in die area.
Daar was onder meer blikkieskos ingesamel wat versprei gaan word aan lede in die gemeenskap wat dit dringend benodig.

Met die afsluiting van die vergadering het Karel Groesbeek sertifikate uitgedeel aan verskeie individue en instansies wat uit hulle pad gaan om van die eenheid ‘n sukses te maak.

Groesbeek het self ‘n trofee ontvang as die eerste voorsitter van die eenheid.

Die volgende vergadering is 28 Mei by die Nigel Rolbalklub.

Om meer uit te vind van die SAWV kontak vir Karel Groesbeek by karel.groesbeek@sawv.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button