Voorsitter Ronel Lombaard (links) saam met Anna-Marie Axer, Mabel van Staaden, Annatjie van der Merwe, Kitty Bronkhorst, Elsa Greyling en Rikkie Kick het almal volgens die Mexikaanse tema aangetrek.
Lede van die Nigel VLU het op 12 Mei ‘n Mexikaanse oggend as deel van hul internasionale tema geniet.
Gasvrou Annatjie van der Merwe het die vroue meer vertel oor Mexiko, van hul kultuuryke geskiedenis, kleredrag, kos en musiek, tot by hul hedendaagse oorlog teen dwelms en die kartel.
Die vroue het ook volgens tema aangetrek vir die vergadering en Elsa Greyling, wat as bandiet aangetrek was, het die prys vir mees oorspronklikste drag gewen.
Na die veradering kon die vroue ook volgens tema ‘n Mexikaanse ete geniet wat ‘n sjokoladekoek ingesluit het.
Die tak se volgende vergadering sal op 9 Junie plaasvind, waarby die vroue meer oor blommerangskikings gaan leer.
Vir meer inligting oor die tak of hoe om aan te sluit, kontak vir Anna-Marie Axer (skakelbeamte) by 082 886 2002.
Voorsitter Ronel Lombaard (links) saam met Anna-Marie Axer, Mabel van Staaden, Annatjie van der Merwe, Kitty Bronkhorst, Elsa Greyling en Rikkie Kick het almal volgens die Mexikaanse tema aangetrek.
Agter (van links): Rikkie Kick, Mabel van Staaden, Kitty Bronkhorst en Hettie Botha.
Voor: Anna-Marie Axer, Ronel Lombaard en Annatjie van der Merwe.
Elsa Greyling (links) en Hettie Botha het die vergadering geniet.
Voorsitter Ronel Lombaard (links) saam met gasvrou Annatjie van der Merwe tydens die vergadering.
Elsa Greyling (links) wat soos 'n bandiet van die kartel aangetrek het, het die prys vir die mees oorspronklikste drag gewen. Ronel Lombaard het aan haar die prys oorhandig.
Gasvrou Annatjie van der Merwe het vir die vroue meer oor Mexiko vertel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!