Local newsNewsSport

Harde werk werp vrugte af

Skopboksers bring silwerware huis toe.

Heidelberg se Arno Carstens en Esmeralda Zeilinga van Ability Academy Heidelberg het die naweek van 14 Mei aan die Suid-Afrikaanse Skopbokskampioenskappe te Mosselbaai deelgeneem.

Carstens het homself goed van sy taak gekwyt en ’n brons medalje los geskop terwyl Zeilinga ’n silwer medalje verower het.

Dit was die eerste keer dat albei MMA vegters aan die kompetisie deelgeneem het.

Stefan Pretorius, afrigter by die Ability Academy, is tevrede met die MMA vegters se vertoning.

“Die kompetisie was baie taai en al die vegters van hoogstaande gehalte,” het Potgieter gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button