Local newsNews

Makelaar firma voeg nog ‘n toekenning by

Aangewys as die beste in die Ooste.

Amicos Klippies Steenkamp Makelaars van Nigel het onlangs die 2021 Santam Diamant toekenning ontvang.

Die besigheid is ook aangewys as versekering makelaar wenner in Oos-Gauteng en die Vaal streek.

Die besigheid is in 2001 gestig en het van krag tot krag gegaan.

Toekennings aan die onderneming het reeds in 2002 begin met ‘n Santam Silwer toekenning.

Verdere toekennings sluit in die landbou toekenning in 2015, goue toekennings in 2014, 2018 en 2019 en diamant toekennings in 2003, 2004, 2016, 2017 en nou ook im 2021.

Die diamant toekenning word gemaak vir die beste groei, kliëntediens en winsgewendheid in ‘n spesifieke agentskap.

Klippies Steenkamp Makelaar is ook die top presteerder in die area vir 2021.

Die naam Amicos beteken in Latyns getrouens vriend.

“Dit is eerstens te danke aan ons kliënte dat ons so goed doen,” het Wayne Moorcroft, woordvoerder van die besigheid gesê.

“Sonder hulle sal ons verseker nie so suksesvol wees nie, en tweedens sonder die hulp van Bo kan ons nêrens kom nie.”

Hy het ook sy dank teenoor die lojale personeel uitgespreek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button