MMASA sukses vir plaaslike vegters
Ability Academy vegters bring goud,silwer en brons huis toe.
Drie vegters van Ability Academy Heidelberg, Sebastian Ferreira, Arno Carstens en Lodhan Venter het die afgelope naweek van 21 Mei aan die MMASA se Jeug Nasionale Kampioenskappe te Brakpan Binnenshuise Sportsentrum deelgeneem.
Die MMA vegters het nie teleurgestel nie, en elkeen het met medaljes huis toe gegaan en het ‘n brons medalje in die A-groep verower.
Arno Carstens (12) het in die C-groep silwer verower en Lodhan Venter (16) het goud in die A-groep verwerf.
“Ons is so trots op die vegters. Harde werk het verseker daartoe bygedra tot die sukses wat behaal is,” het Stefan Pretorius, afrigter van die vegters by Ability Academy beaam.
“Toewyding en deeglike voorbereiding is tweede natuur vir die vegters,” het Pretorius bygevoeg.



