Heigel Fotoklub wat fotograwe van Nigel en Heidelberg insluit het op 8 Junie hulle maandvergadering gehou.
Tydens die vergadering was die foto’s bespreek wat vir die maand ingeskryf was en die top foto’s vir die maand was deur die beoordelaars aangewys.
Die wenfoto vir Junie is So Shy deur fotograaf Ineke Kleingeld. Die beste junior foto wenner was deur Eugene Viljoen en is getiteld Looking at you.

Die voorgeskrewe temas vir die res jaar is soos volg:
• Julie: Skilder met lig
• Augustus: Potretstudie van ‘n persoon (swart en wit)
• September: Voëls in vlug
• Oktober: Straattoneel met bome wat bot
• November: Abstrak.
Francois van Jaarsveld het ‘n uitnodiging gerig aan enigiemand wat deel van Heigel Fotoklub wil wees om hom op 083 659 9657 te skakel.
Die uitnodiging is vir enigiemand wat meer oor fotografie wil leer, ongeag die tipe kamera of selfoon waaroor die persoon beskik.



