Local newsNews

Jeugdagvieringe deur vele geniet

Koue plaas nie demper op Jeugdag vieringe nie

Heidelbergers en besoekers van omliggende dorpe het op 16 Junie, (Jeugdag), ten spyte van die koue weer, talle aktiwiteite geniet.

Die Heidelberg Heritage Museum se Bouwe Wiersma asook Santana Pestana en Roché Pepler van Earth Owl het gesorg dat besoekers nie teleurgestel was nie.

Stalletjies met tuisgemaakte items en vars produkte, musiek, ‘n 3.5km pretloop, lekker kos en ‘n uitstalling van die Suikerbos Rand Natuurreservaat het alles bygedra tot ‘n genotvolle dag.

Die doel van die jeugdag vieringe was om die gemeenskap bymekaar te kry.

“Ons as ‘n gemeenskap is hier om mekaar te ondersteun. Jeugdag is ‘n dag vir almal om hul verlede te onthou, maar om vorentoe te kyk en die toekoms met oop arms tegemoet te gaan,” het Pepler gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button