Hengelklub katrol groot visse in
Lede van die Balfour Hengelklub het op 11 Junie die viswater aangedurf vir hul maandelikse kompetisie.
Sowat 25 lede van die Balfour Hengelklub het op 11 Junie na Steyns langs die Vaaldam gereis vir hul maandelikse kompetisie.
Die lede het altesaam 159 visse uit die water katrol wat ‘n totale gewig van 62.354kg gehad het.
Die kompetisiewenners was soos volg (plekke word van eerste tot derde aangedui):
Senior mans:
• Koos Erasmus met 12 vis wat ‘n totale gewig van 10.311kg geweeg het.
• Lukas Stoltz het 16 vis uit die water katrol met ‘n gewig van 3.570kg.
• Bennie Kriel het 12 vis uit die water getrek met ‘n gewig van 6.531kg.
Vroue wenners:
• Ingrid Kriel het ses visse gevang met ‘n gewig van 1.010kg.
• Darell Roos het ses visse uitkatrol met ‘n gewig van 0.752kg.
• Riette Dercksen het vier vis uit die water getrek met ‘n gewig van 0.516kg.
Junior wenners:
• Jayden Nolte het altesaam vyf vis gevang met ‘n gewig van 1.245kg.
• Kallie Kriel het twee visse gevang met ‘n gewig van 3.030kg.
• Anthony Muller het een vis uit die water getrek met ‘n gewig van 0.388kg.

Tydens die kompetisie het Dirk Roos die swaarste karp (2.261kg) uit die water katrol.
Hennie Brits het die swaarste graskarp (3.244kg) gevang.
Boetie Hassen het die swaarste moddervis (1.091kg) uit die water getrek.
Die swaarste geelvis (0.540kg) was deur Nolte gevang.
Die klub se volgende kompetisie sal by Last Farm op 9 Julie gehou word.
Vir meer inligting oor die klub of om aan te sluit, kontak Lukas Stoltz by 084 757 6058 of vir Jaco van der Merwe by 066 157 7848.



