Local newsNews

Bekende Heidelberger oorlede

Heidelberg se Boere musiek legende sterf.

Die bekende en geliefde Heidelberger, Tobias Potgieter (75) is op 3 Julie oorlede.

Tobias Potgieter se ouers en familie het Heidelberg toe verhuis toe hy 14 jaar oud was.

Potgieter het sy skoolloopbaan by Volkskool voltooi.

In 1967 is Potgieter getroud met Lorna en drie kinders is uit die huwelik gebore.

Potgieter was wel bekend in die boere musiekkringe. Hy was een van die stigterslede van die Suikerbosrand Boere-Orkes.

Tobias Potgieter het diep spore in die dorp getrap.

In 2021 het Potgieter steeds musiek gemaak waar hy onder andere by die Heidelbergse Geloftefees opgetree het.
Sy keuse van musiekinstrument was die konsertina en banjo.

Die Potgieter egpaar het verskeie besighede saam gehad wat onder andere Lorna Engineering, Tob-Tob Automotive, Potgieter Staalwerke en Heidelberg Gas en Kole insluit.

Potgieter laat sy vrou, drie kinders hul eggenote, sewe kleinkinders en twee agter-kleinkinders agter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button