Local newsNews

Viervoetiges en hul eienaars geniet die buitelug

Die gemeenskap het die dag ten volle ondersteun.

Die Heidelberg Dierebeskermingsvereniging (DBV) het op 16 Julie ‘n stapdag en mini-markdag gehou ter viering van Nelson Mandela Dag.

Lede van die gemeenskap het die dag ten volle ondersteun en die geleenthid gehad om met hulle honde te stap.

Sean Botha, die DBV se nuwe inspekteur steek die vure aan vir die braai van die worsbroodjies.

“Ons wil baie dankie sê aan elkeen wat opgedaag het,” het Petro Coetsee voorsitter van die Heidelberg DBV gesê .

“Ek is seker dat die diere ook baie dankbaar was vir die dag.”

Die gemeenskap kon ook die DBV se mini-mark tydens die geleentheid ondersteun.

Die DBV se nuwe inspekteur, Sean Botha, het gesorg vir die honger mae deur heelike worsrolle voor te berei.

Die DBV glo dat die opbrengs van die dag sowat R5 000 sal wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button