Local newsNews

Nuwe veiligheidskameras sal dorp beveilig

Tegnologie word ingespan om Heidelberg se ingange dop te hou.

AfriForum Heidelberg het hande gevat met verskeie besighede in die dorp om die installasie van ‘n kamera by die ingang van Heidelberg te bewerkstellig.

Die vooruitsig is om kameras by verskeie hoofingange na Heidelberg te laat installeer.

Die doel daarvan is om die ingang en uitgange te monitor.

Die kameras wat aan ‘n nasionale voertuig databasis gekoppel is sal outomaties ‘n voertuig se nommerplaat lees om ‘n vroeë waarskuwing te gee van verdagtes en moontlik verdagte voertuie wat in en uit die Heidelberg beweeg.

Die spesifieke tegnologie word alreeds met groot sukses in verskeie dorpe in Suid Afrika gebruik en het al tot verskeie suksesvolle arrestasies gelei.

Heidelberg self was al deel van verskeie arrestasies as gevolg van die Midvaal se kameras was gesteelde voertuie geïdentifiseer het.

Die nuwe kamera wat in Heidelberg geinstalleer is.

Daar is ‘n beroep gedoen op persone en besighede wat betrokke wil raak en finansieël wil bydrae tot die kameras en veiligheid in Heidelberg.

Daar is ‘n koste per kamera om te verseker dat die kameras operasioneel bly.

Verskeie besighede het reeds hul stem laat hoor en sodoende die eerste kamera laat realiseer. Die besighede en organisasies sluit in Freestock, Heidelsec, All-in-One IT Group, Redtrac, AfriForum Heidelberg en Jordaan Park Forum.

Persone wat betrokke wil raak kan AfriForum Heidelberg per e-pos by heidelberg@afriforumtak.co.za kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button