Local newsNews

Weghol veldbrand eis geliefde matrone

Suikerbosoord treur na geliefde matrone sterf.

Matrone Hester Hugo (65) wat vir 15 jaar haarself beywer aan die ouer burgers van Heidelberg is op 27 Julie oorlede.

Hugo het by die Silwer Akker Hoësorg Afdeling by die Suikerbosoord dienssentrum vir bejaardes gewerk.

Op 26 Julie was mediese personeel uitgeroep na die kleinhoewe waar Hugo en familie in die Spaarwater area gewoon het.

Hugo het ernstige brandwonde opgedoen terwyl sy besig was met voorbrand op die kleinhoewe.

Verslae wat deurkom is dat, terwyl Hugo besig was met die voorbrand het die wind gedraai en haar in ‘n hoek vasgedruk waar sy ernstige brandwonde opgedoen het.

Mediese behandeling was dadelik toegedien en Hugo was inderhaas hospitaal toe geneem.
Sy het egter aan haar beserings beswyk.

Hugo het Suikerbosoord as ‘n tweede huis beskou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button